Ek het nog altyd gedink my matriekafskeid rok sal my gunsteling kleur wees wat turkoois is en nie die pienk wat ek op die laaste oomblik op besluit het nie! My hele "tema" agter my rok was als Vintage. daarom het ek die sagte " dusty pink" kleur, met bruin en kopper tone en bypassend kant gekies en was op die ou einde mal oor die resultaat! Ek wou iets gehad het wat totaal die teenoor gestelde was as wat normaal weg beskou word as matriekafskeid drag en wou hê dit moes my komplimenteer. En natuurlik het ek die hele prentjie afgerond met die perfekte paar skoene!

Sien alle inskrywings