Die mode giere van’n paar glans persone het bygedra tot my finale keuse rok vir die matriekafskeid. Die eindproduk is eintlik ‘n kombinasie van twee skeppings ontwerp deur die Italiaanse mode ontwerper Versace. My rok moes stylvol, dramaties en ook effens anders wees. Met die hulp van Paul van Zyl het ons besluit op ‘n sagte blou-grys materiaal met swart kant en fyn kralewerk om ‘n dramatiese effek te verkry. Die swart kostuum juwele het aangepas by die kant effek van die bo-stuk van die rok. Swart skoene en dieselfde kleur palmtassie het die uitrusting verder afgerond. My matriekafskeid was fantasties, ek dink ek het net so spesiaal gevoel soos baie van die “celebs”.

Sien alle inskrywings