As hoofredakteur van die Amerikaanse modetydskrif Vogue kan Anna Wintour nie bekostig om in die vorige seisoen se klere gesien te word nie. Daarom kry sy "sakgeld" vir haar klerekas. 

New York Times se T Magazine berig dat Anna Wintour jaarliks sowat $200 000 (ongeveer R2,1 miljoen) "sakgeld" geld kry om aan klere te spandeer. Hoewel SARIE vanjaar reeds 65 jaar oud is, is sy nog ’n jong blaar in vergelyking met Vogue. Dié modetydskrif is al 121 jaar in druk!

Nóg interessante feite oor Vogue

  • 916 blaaie in die September 2012-uitgawe van Vogue - hul dikste uitgawe nóg.
  • Anna Wintour hou van baie van aktrise en model Amber Valletta. Sy was al 17 keer op die voorblad.

amber valletta

  • Die eerste Vogue-voorblad op 17 Desember 1892.

vogue

Lees hier nóg interessante feite oor dié tydskrif.

Bron: T Magazine