Ek is my ma se blommekind, want ek is MAL oor blomme en enige iets wat pienk is. Ek wou nie my eie rok laat maak nie, want dit kom nooit uit soos mens dit wil hê nie. Die dag toe ek vir my rok gaan soek het, het ek eers 'n ander rok gekry wat baie mooi was. My heel 1ste rok wat ek aangepas het! Toe gaan ek en my ma en stiefma en sussie na Potch toe om die dag verder te geniet, want ons het mos nou baie tyd oor gehad. My sussie het 3 jaar gelede, na 'n HELE dag se soektog, haar rok by Die Bruidshuis gekry. Ons het sommer vir die lekkerte daarnatoe gegaan en die oomblik wat ek daar ingestap het, het ek my rok gekry wat ek vir myself wou ontwerp!! Die tannie van Die Bruishuis het die rok self gemaak en die oggend nog op die pop gehang. Hy was nog nie eers klaar nie.. Die tannie het hom toe net bietjie langer vir my gemaak en verder hom klaargemaak. Ek kon my oë nie glo nie!! My matriekafskeid was perfek! Het die perfekte rok gehad, die perfekte kar en boonop die perfekte date ook..

Sien alle inskrywings