Van st.6 af droom ek al van my matriekafskeid dit is elke meisie se Hoërskool droom. So, my rok moes my persoonlikheid uitstraal. As Hoofdogter van die skool het ek geweet dit is n ere posisie en ek moes steeds n voorbeeld stel en deur n ring getrek kan word. Na baie idees en prentjies kon ek nie kies nie, maar twee weke voor die groot aand is die rok ontwerp en lap is gesoek en die finale afronding is daai dag van die matriekafskeid gemaak. My inspirasie vir die rok was net om n rok te maak waarin ek gemaklik is en my aand in mee kan geniet. In daai rok het ek soos n prinses gevoel en my aand was klaar gemaak.

Sien alle inskrywings