Ek wou iets anders en buitegewoon gehad het. Ek het besluit op die animal print, want dis anders maar steeds stylvol. Die pienk het dit opgehelder en meer kleurvol gemaak. Ek het die net gekies om bo-oor te sit sodat dit aandag trek, maar steeds die animal print wys. Te veel detail is ook nie altyd 'n goeie ding nie en kan soms te veel raak, daarom is my rok meer eenvoudig en sonder enige blinkers en krale. Juwele is al wat mens nog nodig het. Matriekafskeid is 'n geleentheid waar jy jou eie rok kan laat ontwerp sodat dit by jou persoonlikheid kan pas. My rok was perfek volgens my en as ek weer die rok kon ontwerp sou ek dit presies dieselfde gemaak het.

Sien alle inskrywings