Sag...Vroulik...Klassiek...Elegant...Die hoof elemente en inspirasie van my droomrok! 'n Ryk pruim kleur, 'n ry fyn glas knopies, silwer geborduurde blomme op kant en 'n lae rug het beslis my elemente en inspirasie vervolmaak.Ek is gaande oor die Vintage mode en wou dit ook deel maak van my rok.Die geborduurde insetsels aan die agterkant van my rok wat 'n sleep gevorm het,het defnitief 'n gevoel van Vintage geskep. Surene, die ontwerper van my droomrok, het beslis geweet wat my hart begeer en gesorg dat ek op my mooiste voel en lyk. My matriekafskeidrok is verseker 'n hartsbegeerte wat 'n realiteit geword het.My rok was mooier as 'n droom...

Sien alle inskrywings