My grootste inspirasie vir my rok is beslis my ma. Sy is mal oor pers, en dit seker ook die rede hoekom pers my gunsteling kleur is. Sy het my gehelp met die styl van die rok en daarmee is ons toe na 'n ontwerper toe. Die styl van my rok is styf tot net onder die boude en van onder die boude af is dit valle tot op die grond. Ek hou nog altyd van die tipe styl rok, want dit pas die beste by my liggaam en ek voel gemaklik daarin. Ek wou graag 'n rok dra waarin ek gemaklik gaan voel die aand van my Matriekafskeid en waarin ek lekker kon dans. Ek moes nie die heeltyd sukkel deur 'n gedeelte van die rok te moes vas hou, of die gevaar loop dat iets vasgetrap gaan word en moontlik skeur nie.

Sien alle inskrywings