Ek en my ma het al vir geruime tyd gesoek na die perfekte rok. Ek is nie in dieselfde skool as my kerel nie en dit was vir my belangrik dat ek hom nie net laat snak na sy asem nie, maar ook om terselftertyd so by hom aan te pas dat hy spesiaal voel met sy matriekafskeid. My groot doel was dus om hom aan te vul. Ek het hom dus saamgeneem toe ek na my droomboutique (House of Chick) in Krugersdorp is. Ek het vir die dame daar vertel wat ek wil en sy het sonder om te twyfel die rok vir my gaan uithaal. Ek het eers 'n paar ander rokke aangepas, maar my woorde was min toe ek die rok oor my kop trek. Hy (my kerel) het liries geraak en sommer dadelik sy klere uitgesoek wat daarby sou pas. Dit was voorwaar die moeite werd en ek het in my doel geslaag.

Sien alle inskrywings