Dit het als met my bloedrooi skoene begin ! Albei my sussies het iewers rooi in hulle matriekafskeidrokke gehad en ek wou dit graag 'n tradisie gemaak het... Ek was tog te gelukkig om op hierdie rooi skoene af te kom toe ons familie in Londen gaan vakansie hou het. Ek wou 'n heeltemal ander kleur as rooi kies vir my rok en die pers was vir my 'n kontrasterende kleur wat tog die rooi gekomplimenteer het. Die blomme wat geplooi is het ek in 'n bruidstydskrif gesien en was sommer dol daaroor!

Sien alle inskrywings