Ek het 12 jaar gedroom oor die spesiale dag. Net soos elke klein meisie oor haar droom troue droom. Elke stuk op my rok weerspieël iest van my persoonlikheid. Die kleur van my rok "liquid satin blue" was nog altyd my gunsteling kleur omdat dit die rustigheid van die see uitbeeld. Die diamantè op my rok bring die spranklikheid van my uit "you will shine as a superstar". Die rok is elegant en uniek soos ek is, en sou niks beter voor kon vra nie. Die tema was Titanic en was nog altyd my gunsteling rolprent. Die oorbelle wat ek daai aand gedra het, het ek as 'n geskenk by my boetie Mornè wat 12 is gekry. Ek het soos 'n see prinses gevoel met die hartjie oorbelle wat "the haert of the ocean" verteenwoordig, net soos die diamant hart in Titanic in die see terug gegooi was. My droom is bewaar.

Sien alle inskrywings