My grootste inspirasie vir my rok was 'n pragtige en klassieke top wat my ouma 'n paar jaar terug vir my ma gehekel het. Ek dink elke meisie begin vandat sy verstand het haar droom rok visualiseer, maar nooit het ek gedink dat ek so 'n ongelooflike erfstuk sal dra nie. In die begin was my ouma maar skepties en later het ek ook begin wonder of ek nie dalk te waaghalsig is nie,ek het styf duim vasgehou en geglo in my ouma se talente. Ons grootste uitdaging was die 400km tussen my en my ouma maar sy het haar nie laat afskrik nie en sy het tot my rok oor 'n koekblik getrek om te kyk of hy reg trek toe ek nie daar was om aan te pas nie. My aand was werklik spesiaal en wat dit nog meer spesiaal gemaak het was om te weet dat elke steek met liefde was en dat ek die enigste een in die land is met so 'n unieke rok sonder nate!

Sien alle inskrywings