Ná 4 dae (20 tot 23 Augustus 2009) van modevoorskoue is dit duidelik: Die somer is op pad!

Modelle het in koue weer vir ons 'n voorsmakie gegee van wat somer 2009/2010 gaan bring. Die harembroek is beslis die moet-hê-item, want elke ontwerper het 'n paar in hul reeks gehad. Eenskouer-detail was ook deurgaans groot. Die 4 hoogtepunte van die Arise-modeweek was vir my Carducci, Suzaan Heyns, KLûK CGDT en Stefania Morland.

Ander ontwerpers was ook daar:

Black Coal
Craig Port
David Tlale
Dax Martin
Doreen Southwood
Fabiani
Gavin Rajah
LaLesso
LoveWaterLove
Michelle Ludek
Misfit
Sway
Tarien Malherbe
Tart
Tracy B
Undacova

Met hierdie vier sterk uiteenlopende reekse as inspirasie vir somer 2009 sal jy jou unieke styl wys in die warm Suid-Afrikaanse somer
 

Carducci het 14 swart rokke gewys, elkeen verskillend! Uniek, en ongelooflike materiale is gebruik. Dit is duidelik 'n nommertjie waarsonder 'n vrou se klerekas nie moet wees nie.

Suzaan Heyns se origami-hemp Suzaan Heyns se origami-moulose bloes Origami detail op uitrustings - Suzaan Heyns Suzaan Heyns se origami-rok

Suzaan Heyns se reeks met origami-detail was 'n vars inspirasie. Die detail was ongelooflik. Die reeks was in skakerings van naaswit, duifgrys, beige, grys en swart.

Stefania Morland se somerreeks is vroulik met plooi- en blom-detail. Die snitte het 'n vloeiende, gemaklike voorkoms. Kobaltblou, geel, swart en wit met tikkies oranje en lemmetjie was die sterk kleurkombinasies vir haar somer 2009-reeks.

KLûK CGDT se voorskou was by Val de Vie in die Paarl, en reeds met hierdie ongelooflike byeenkomplek is die gevoel vir die reeks geskep. Dit het Chanel-inspirasie getoon: Pêrels, die tweed-baadjie (maar in houndstooth) en die swart rokkie. Die kleurkombinasies was hoofsaaklik swart, wit en sjampanje, met hier en daar 'n tikkie oranje.