Die lekker van baadjies is dat jy dit nie hoef weg te pak aan die einde van die winter nie, maar steeds kan dra wanneer daar koeler lentedae is.

Met die onvoorspelbare Kaapse winterweer het ons besluit om hierdie storie eerder in die ateljee te skiet. Ook maar goed, want dit was 'n baie koue dag daarbuite. Daar was hoeka drie verwarmers aan om ons model, Kristina, warm te hou.

Een geheimpie wat ek met julle kan deel, is: Kristina het een bruin oog en een blou oog. Dit het egter vreemd gelyk en ons het besluit om albei haar oë blou te maak.

Hiermee bevind sy haar in die geselskap van die aktrise Kate Bosworth (Superman Returns en Blue Crush), wat ook een bruin en een blou oog het.

 

My gunsteling is die nuwe
driekwartmou-snyersbaadjie met klinknaels op die kraag. Dit is een van daardie kledingstukke wat jy gemaklik van dag tot aand kan dra.
"
– Amaria Carstens

 

Snyersbaadjie