’n Celeb wat dieselfde rok twee keer na ’n rooitapyt-geleentheid dra, is so skaars soos hoendertande. Dit word eerder na die modehuis teruggestuur. 

Maar daar is uitsonderings. Een bekende het ’n rok waarin sy 13 jaar gelede gekiek is en ’n paar hakskoene van 10 jaar tevore afgestof vir ’n glansgeleentheid. In die eerste plek is ons modespan beïndruk dat die rok nog pas, dis immers 13 jaar later!

Die Amerikaanse aktrise Kirsten Dunst het onlangs in ’n wit kantrok by ’n glansgeleentheid in Parys, Frankryk, verskyn. Dis dieselfde rok wat sy in 2004 by die Vanity Fair Oscars-partytjie aangehad het. En die skoene het sy reeds in 2007 na ’n geleentheid in New York gedra. Dit wil nou gedoen wees!

Kirsten Dunst se uitrusting in 2017

Terugflits na 2004: Dieselfde wit kantrok

Terugflits na 2007: En kyk daardie paar skoene!

Sy is nie ál een nie ...

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, dra graag ’n uitrusting meer as een keer. Hierdie week het sy weer ’n ou treffer, ’n rooi pakkie, uit die kas gehaal. Die einste uitrusting het sy in 2014 op die koninklike toer na Nieu-Seeland en Australië gedra.

Toe

Nou 

Lees nou

Taylor Swift se eks praat uiteindelik

Dakota Johnson se styl-evolusie

Wat’s op jou naels, Kim?!