Die modewêreld is behoorlik op hol, en die owerhede aan die soek sedert Missoni op 4 Januarie vermis geraak het. Die vliegtuig waarin hy, sy vrou, Maurizia Castiglioni, en twee van hulle vriende gevlieg het, het spoorloos verdwyn, berig USA Today. Die groepie was op pad terug na Italië ná 'n vakansie in die Karibiese eilande toe hulle naby die kus van Venezuela van die radar af verdwyn het.

Vriende, familie en mode- aanhangers het ook ingespring om te help met die soektog. Daar word selfs van sosiale media gebruik gemaak om die nuus te versprei en inligting in te vorder. Angela Missoni, suster van die vermiste, vertel sy is hoopvol dat haar broer nog lewe en opgespoor sal word.