Manuel Mota, die kreatiewe direkteur vir die afgelope 23 jaar van Provonias is dood aan getref naby sy huis in Sitges, buite Barcelona. Die modehuis spesialiseer in aand- en trourokke.  Manuel Mota het vir bekendes soos Doutzen Kroes en Penny Lancaster wonder-skeppings ontwerp vir hulle spesiale dae, berig handbag.com.

Daar is ‘n nota by sy huis gevind wat dit laat lyk asof hy sy eie lewe geneem het. Die polisie het op grond hiervan die saak gesluit. Alberto Palatchi, president van Provonias sê dat die Provonias “familie” ‘n waardevolle lid verloor het. Mota se talent, mode vertonings en passie vir mode sal altyd onthou word.