Ek het 2 jaar gelede 'n prentjie in'n boek gesien van 'n rok wat deur Roberto Cavalli ontwerp is, die prentjie het dadelik my oog gevang en ek het hom gebere. Alhoewel die rok in die prentjie deur Roberto Cavalli ontwerp is het ek hom heelwat verander om die rok my eie te maak. Ek het moeite gedoen met die bykomstighede sodat alles by mekaar pas om op die ou end vir my die perfekte prentjie te gee waarvan ek gedroom het! Dit was vir my baie belangrik dat my rok by my persoonlikheid pas, daarom het ek ook die kleur verander. As ek terug dink is daar niks wat ek sou wou verander nie en ek het soos 'n ware prinses gevoel.

Sien alle inskrywings