My ideale matriekrok. Dit moet my persoonlikheid uitbeeld. Romanties maar tog sexy en stemmig. Ek wou iets anders en uniek hê. My ma is 'n modeontwerpster en ons het nagte deurgewerk om my droom 'n realiteit te maak . Die eindproduk het al my verwagtinge oortref , dit was my droom skepping. My hele rok is 'n uitbeelding van wie ek is en waarvan ek hou . Ek is geïnspireer deur die natuur en die modes deur die jare . Ek kan nie 'n defnitiewe kleur aan my rok koppel nie . Vanaf room tot verskeie skakerings van pienk en koraal . Modern tog antiek . Die kleure smelt saam en komplimenteer mekaar goed . Dis sag , oudtyds , elegant en ek het soos 'n ware prinses gevoel . Die romp - kort voor en lank agter het uit 25 lae bestaan . Sagte net, rou sy en organza is gebruik . Die lyfie is gemaak uit rye organza lint wat kleur en tekstuur verskaf het asook Elle Saab kant blomme . Vir versiering het ek sagte blomme gemaak en op die romp versprei . Volstruis vere met Swarovski kristalle tussen-in het glans en afronding gegee .

Sien alle inskrywings