Ek is 'n baie "plat op die aarde mens" en wou 'n rok he waarin ek gemaklik kon voel en myself wees. My inspirasie vir die rok het ek gekry by 'n bo-stuk van 'n ander rok, ook met die materiaal met die afwerkings op wat bo uitsteek. Van daar af het ek my rok ontwerp en dit my eie gemaak. Aan die begin sou my rok sonder bandtjies wees, maar twee dae voor die afskeid het ek besluit op die verandering waar die lint oor my skouers gaan en my rug oorkruis. Sonder dit, dink ek, sou my rok onafgerond gelyk het. Die twee kleure is twee van my gunsteling kleure wat ek by mekaar gesit het, alhoewel baie mense gese het dit pas nie.. En dit is die resultaat!

Sien alle inskrywings