Dit is 2010, ons is in matriek en die matriekafskeid stap nader... Ek het nie presies geweet waarna ek soek nie, tot ek eendag een van my vriendin, Adéle, se rokke aanpas, toe weet ek watter tipe styl my hart begeer. Ek het begin rondkyk in die winkels... Toe val my oë op hierdie rok en ek het geweet dit is die rok vir my – sonder enige frilletjies-en-valletjies was die rok nie ‘over the top’ nie. Dit het op die rak gehang in Boutique 4 U, Centuron Mall - `n ontwerp vanaf Italië. Ek is nogal `n stoftrapper, so ek wou graag vir my skoene kry wat my daardie ekstra lengte gee. Na `n lang gesukkel het ek uiteindelik skoene gekry by Vogue, Centurion wat my dansersvoete pas. En toe ek my oë uitvee was die matriekafkeid op ons voorstoep...

Sien alle inskrywings