Ek het eers 'n ander rok in gedagte gehad, maar sien toe 'n prentjie van die rok op die internet. Ek was mal oor die kleure en ook die snit van die rok. Ek het die prentjie en ook ander idees na tannie Annelien gevat wat my rok gemaak het. Net haar motivering van die rok wat my uitstekend sal pas asook die kleure het my genoeg motivering gegee dat dit is wat ek wil hê. Sy maak al vir 30 jaar rokke en ek en my Ma het soveel vertroue in haar gehad dat sy self my materiaal ook gaan koop het. Ek wou dieselfde kleure as die prentjie gehad het en sy het haar baie goed van haar taak gekwyt. Dankie, Tannie Annelien!

Sien alle inskrywings