My matriekafskeid is nog altyd 'n groooooooot droom vir my en tog my ma ook,,,! Omdat my ma 'n modeontwerper is was die matriekafskeid amper 'n groter "deal" as vir my! Sy kon net nie wag om te begin nie! Ek en my ma het begin deur ontwerpe teteken! maar steeds het nie een gelyk na presies wat ek wou he nie. Na 'n hele maand se soek en sukkel kry ons toe DIE rok...pragtig verby! My ma (trudy) het met my rok begin en regtig hard gewerk want syt nog ander meisies se rokke ook gehad om temaak! Maar getrou soos altyd het mamma by die huis gekom en weer aanhou werk! Swarofskies is met haar moeg gewerkde handjies een vir een opgesit en die feinste stekies om dit perfek te maak!! Ek het inderdaat soos 'n ware prinses uit 'n sprokie gevoel en dan het ek nog mooi 'n handsome man langs my gehad! Dit was baie spesiaal en dis als tedanke aan my ma! *Lief jou mamma!*

Sien alle inskrywings