Ek wou oorspronklik n rok gekoop het a.g.v die tekort aan tyd voor die Matriekafskeid, maar toe ek egter die dag gaan rokke soek het kon ek nie een vind wat in die regte prysklas was of by my gepas het nie. Teen daai tyd was dit twee weke voor my afskeid gewees en ek het steeds sonder n rok gesit. Ek het toe my eie rok ontwerp volgens die droom prentjie in my kop(net soos alle meisies al lank voor die tyd droom oor hoe hul rokke moet lyk) Ek het saam met my ma my materiaal gaan koop en dit na het ons dit laat maak by tannie Lourina.Sy het boeke en prente bymekaar geskraap totdat ons my ideale rok,soos wat ek dit geskets het, gehad het. Ek wou gehad het my rok moes uniek wees en ek moes dit weer kon dra na ander geleenthede en dit was beslis dit.

Sien alle inskrywings