Hulle wys hier hul jongste skeppings saam met beroemde ontwerpers soos Vera Wang, Calvin Klein, Diane von Furstenberg en Donna Karan.

Jacques en Danica se ontwerpe is 'n mengsel van die verlede met fantasie, wat dit 'n vars aanslag gee, en hul eerste modeweek oorsee was in Julie 2009 by die Berlynse Modeweek. "Ons is ongelooflik opgewonde oor ons deelname. Ons beskou dit eintlik as bederf in 'n bedryf waarin 'n mens so hard moet werk," sê Jacques oor die New Yorkse Modeweek wat van 11 – 18 Februarie plaasvind. Vir meer inligting, kontak: 011 482 9148 of besoek www.blackcoffee.co.za.