Daar is sprake dat sy die jonger weergawe van Sarah Jessica Parker, Carrie Bradshaw, in The Carrie Diaries gaan speel, by modevertonings sit sy gereeld in die voorste ry langs die berugte Anna Wintour en nou is Blake Lively ook die gesig van Chanel se Mademoiselle-handsakreeks.

Niemand anders nie as die Duitse man met die donkerbril, silwer gejelde hare en swart pak, Karl Lagerfeld (hoof-modeontwerper en kreatiewe direkteur van Chanel) het die foto's vir die Mademoiselle-veldtog geneem.

Lively het onlangs in die rolprent The Town teenoor Ben Affleck gespeel en ons sien haar binnekort in 'n nuwe rolprent, Green Lantern, waarin sy die rol vertolk van Ryan Reynolds se liefde. Gaan kyk na die foto's agter die skerms op styleite.com