Bonang Matheba is tans een van die gesogste persoonlikhede in Suid Afrika - nie net is sy model, TV-persoonlikheid, radio-DJ én sakevrou nie, sy het ook haar eie onderklere-reeks ontwerp.

Dra altyd mooi onderklere, want jy weet nooit wat gaan gebeur nie ...

- Jill Conner Browne

FOTO: Bonang Matheba vir Woolwoths (Verskaf) FOTO: Bonang Matheba vir Woolwoths

Bonang nuwe gesig van Revlon - lees meer HIER.

Bonang se onderklere-reeks staan bekend as "Distraction by Bonang" en is by uitsoektakke van Woolworths beskikbaar.

Dié reeks word beskryf as ’n kombinasie van internasionale modes met ’n Suid-Afrikaanse flair. Dit maak ook gebruik van innoverende tegnologie om vir jou die beste ondersteuning en vorm te bied. Die "Trim and Flaunt"-bra het ’n sagte balein-instetsel wat beter ondersteuning bied én ’n vleiende silhoeët skep.

Die reeks bestaan uit drie versamelings: swart snyerskeppings wat styf pas en ’n gladde en vleiende silhoeët skep; satyn-items wat jou sexy en vroulik laat lyk en voel; en die prettige tiervel-motief.

Swembroeke vir voller figure

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

Die "Distraction by Bonang"-reeks is beskikbaar tot in DD+-groottes.

FOTO: Bonang Matheba vir Woolwoths (Verskaf) FOTO: Bonang Matheba vir Woolwoths

Bekendes met hul eie modereekse

FOTO: Twitter Angelique en Donnalee Roberts in Angelique Gerber Red Carpet-skeppings
FOTO: Twitter

Angelique Geber maak deesdae ook aandrokke (Angelique Gerber Red Carpet) en swemklere (Angelique Gerber Swimsuits).

Elle Macpherson het haar eie onderklere-reeks, "Elle Macpherson Intimates".

Victoria Beckham

Justin Timberlake

Mary-Kate en Ashley Olsen

Jessica Simpson

Jessica in 'n advertensie vir haar eie klerereeks, Jessica Simpson Jessica in 'n advertensie vir haar eie klerereeks, Jessica Simpson