Die tema van ons matriekafskeid was "BLINK TOEKOMS" Ek wou baie graag by die tema inpas en sonder om oordoen te lyk. Madelain het net die regte kombinasie van Swarovski kristalle en 'n baie vloeiende wit materiaal gebruik. Ek voel die kristalle het baie goed by die tema gepas. Ek kan die rok weer agterna gebruik deur net die romp gedeelte te vervang. Die bo-stuk is absoluut tydloos. Ek het regtig goed gevoel in die rok.

Sien alle inskrywings