Die parfuum is ’n mengsel van lietsjie, lemoenbloeisel, katjiepiering, marsepein en muskus. Dis ’n geur om op verlief te raak – op jou groot dag en oor en oor elke dag.

Beautiful Belle se slagspreuk is #lovebreaksalltherules … en 2019 gaan die jaar wees waarin ook trou-trends bestaande tradisies uitdaag en ou reëls breek.

Hier deel bekendes, bruide en kenners idees wat jy saam met jou unieke persoonlike stempel kan gebruik om jou troue spesiaal te maak. Van dekor en blomme tot kos en geskenke vir gaste – maak seker dit weerspieël jou styl en individualiteit.

Soos 2012 se SARIE Voorbladgesig-wenner, die illustreerder Tana Ferreira, sê: “Wees eg teenoor jouself – in die lewe én op jou troudag!”

Beautiful Belle
Links, Foto: Retha Ferguson. Regs, Foto: Wouter du Toit

TREND: Wegholtroue

Annie Klopper, skrywer 

Ek en my man, Jaco de Wet, het slegs vir ons familie en naaste vriende gesê ons is verloof. Ons het na Parys ge-elope en onder ’n outydse koepel op ’n heuweltjie in die Parc des Buttes-Chaumont op intieme wyse ons troubeloftes aan mekaar gemaak. 

Die enigste gaste was twee van ons beste vriende – wat ook die foto’s geneem het – en ’n paar toeriste rondom die koepel wat die seremonie nuuskierig gadegeslaan het. Daarna het ons die troue in die besige strate van Parys gevier.

Met ons tuiskoms in Suid-Afrika het ons die huwelik wettig gemaak met slegs ons gesinne as getuies, sommer in informele klere op ’n lukrake Sondagmiddag onder ’n suurlemoenboom in die agterplaas. My pa, ’n predikant, het dié seremonie behartig, wat die geleentheid verder spesiaal gemaak het.

 FOTO: Wouter du Toit
FOTO: Wouter du Toit

TROUFOTO'S: Wouter du Toit

SARIE.com-span: In die Beautiful Belle-veldtog breek Grace Elizabeth weg van die tradisie, tel haar bruidegom op langs die pad en ry na ’n romantiese bestemming. Sy wys dat sy, nes die Beautiful Belle-parfuum en die liefde, geen reëls volg nie. Oorweeg ’n intieme seremonie met ’n mooi uitsig, of dink buite die boks en oorweeg jou huis as ’n trou-venue. Die fokus is dan volkome op julle as ’n paartjie en die beloftes wat julle aan mekaar maak. 

fsdfs
Links, Foto: Karina Conradie Photography. Regs, Foto: @blomstories (Instagram)

Ilsé Louw, blomontwerper van Blomstories

TREND: Minimalistiese blomme

Massas blomme in groot installasies is baie gewild, maar daar’s ’n nuwe blom-trend wat ’n Japanse invloed het – minimalisme. Dit behels enkele blomme in ’n pot wat tekstuur het en jou oog vang. Die fokus val dan op die blom – eerder as wat dit wegraak in ’n groot bos. Die trend is ook baie meer volhoubaar, veral as plaaslike blomme wat in seisoen is gebruik word.

TREND: Groente, vrugte en potplante as volhoubare dekor

Groente en vrugte as tafeldekor is al ’n hele ruk lank ’n groot trend. Dit is goedkoper as blomme en gaste kan dit huis toe neem. Ons sal byvoorbeeld potte met interessante groente- en vrugte-versierings vul en dit die Maandag na ’n sopkombuis neem. Potplante is ook in aanvraag – weer eens as ’n meer volhoubare opsie waarmee minimaal gemors word.

Klik hier om Blomstories se webtuiste te besoek. FOTO: Karina Conradie Photography

csds
Links, Tana Ferreira FOTO: Marijke Willems. Regs, FOTO: Julia Winkler

TREND: Selfgemaakte geskenke

Tana Ferreira, SARIE Voorbladgesig 2012, illustreerder en grafiese ontwerper van Die Kaal Konyn 

Omdat ek ’n illustreerder is, wou ek graag vir my gaste iets gee wat uniek is en my persoonlikheid weerspieël. Ek het van elke gas ’n portret geskets. Ek gebruik ’n metode waarmee ek mense se gesigte teken sonder om my hand op te lig – ’n aaneenlopende lyn skets die gesig. 

My gaste was mal oor die geskenk en baie het reeds vir my ’n foto gestuur van hul geraamde skets. Verder het ek ook vir elkeen ’n illustrasie, ’n Bybelvers en ons trou-logo laat druk op linne. My raad aan ander bruide? Moenie bang wees om buite die boks te dink nie! Mense onthou dit.

ss
FOTO'S: Julia Winkler

Klik hier om Die Kaal Konyn se Instagram-blad te besoek. TROUFOTO'S: Julia Winkler

herman
Links, Foto: Willem Lourens. Regs, Foto: Donna Lewis.

TREND: Troukoek by die kerk

Herman Lensing, SARIE-kosredakteur en TV-persoonlikheid

Wanneer jy jou troue reël, probeer bietjie buite die boks dink. Daar word baie moeite in ’n troukoek gesit, maar teen die tyd dat die paartjie die koek sny, is die meeste gaste versadig gepeusel. Bedien eerder die koek sodra jy uit die kerk stap. So gooi jou konfetti, sny die koek en laat jou gaste dit geniet saam met ’n lekker glas vonkelwyn. Eers daarna gaan neem jy jou foto’s. Ek belowe jou jou gaste gaan dan die troukoek nog vir jare onthou!

FOTO: Links (Wesley Vorster Photography) Regs (Getty Images / Gallo Images)

TREND: Oes-tafel

Yolani Abrahams, SARIE Voorbladgesig 2017, sjef en mede-eienaar van Kole & Deeg

Ons gaan vir my broer se troue afwyk van die tradisionele buffet-styl tafel. Dit herinner my te veel aan ’n kafeteria waar jy in lang rye staan om kos te skep. Ek en my span gaan eerder vir elke tafel hul eie bakke vol kos bedien – gebraaide aartappels met ’n skeplepel, geurige lamsboud op ’n mooi bord. Sodoende kan gaste vir hulleself skep op die mooi gedekte tafel waar hulle sit. Dit herinner gaste aan ’n ontspanne Sondagmiddagete waar mens kos deel, lekker feesvier en saam kuier.

Foto: Wesley Vorster Photography

ff
LINKS: Anelma le roux (Stigter en eienaar van Baie Goeters) REGS: Irusha Kröhn (Kreatiewe hoof van Baie Goeters)

TREND: Beligting 

Anelma le Roux, stigter en eienaar van Baie Goeters, en Irusha Kröhn, kreatiewe hoof van Baie Goeters

Dit is beter om geld se spandeer op een groot liginstallasie as op ’n klomp kleiner dekor-items. Beligting dra baie by tot die atmosfeer van jou onthaal en die algehele prentjie wat geskep word – moenie dit onderskat nie. Kombineer jou beligting met swart dekor-elemente vir ’n dramatiese effek, of speel met feëliggies wat saam met groenigheid bo die tafels hang vir ’n magiese gevoel.



TREND: Kontras 

’n Groot trend tans wat ook na 2019 gaan oorspoel, is kontras. Industrieel word gemeng met organies, retro-patrone met skoon lyne. Jy kan dus twee style by jou dekor inkorporeer, eerder as om op net een te besluit. As ’n paartjie kan julle só jul individualisme vier. Miskien is jy meer drama, hy meer swart-en-wit. Met dié trend kan jy byvoorbeeld teatrale beligting kombineer met minimalistiese tafelversierings en blommerangskikkings.



Klik hier en besoek Baie Goeters se webtuiste

Beautiful Belle
Beautiful Belle

Beautiful Belle is nou landwyd in winkels beskikbaar. Besoek Estée Lauder se webtuiste vir meer inligting! #LoveBreaksAllTheRules

Beautiful Belle
Beautiful Belle