Hul nuwe versameling, Link Lady, wat bekend gestel is deur Cameron Diaz, behels veel meer as net horlosies, dis ook luukse bykomstighede.
Die reeks horlosies word beskou as ’n langdurige huldeblyk aan vroulikheid. Die pragtige mini kunswerke se gesiggies is in die vorm van ‘n verfynde ronde rivierklippie en die horlosieband is geïnspireer deur TAG Heuer se ikoniese skakel-armband met sy S-vormige skakels. Cameron sê

 “I have been a fan of the TAG Heuer brand for many years. When they showed me the design for the Link Lady, I thought it was the perfect evolution of timeless watchmaking and iconic designs, all reinterpreted with glamour and elegance for a modern woman”.

Cameron is nou ook deel van die hoogs eksklusiewe sirkel van TAG Heuer-ambassadeurs wat bekendes soos Maria Sharapova, Leonardo DiCaprio, Lewis Hamilton, Jenson Button en nog vele ander insluit.

‘n Belangrike deel van die vennootskap tussen Cameron en TAG Heuer is ook om die wêreld bewus te maak van hoe belangrik vrouebemagtiging is.