Gister op 17 Mei het die jaarlikse 10 dae lange Cannes-filmfees – seker die glansrykste ter wêreld – in Frankryk afgeskop. En soos altyd het ’n paar bekendes die koppe laat draai.

Die 70-jarige Susan Sarandon het beeldskoon gelyk en is beslis ’n gunsteling by ons modespan. Smaakvol, sexy, sjiek. Sy is nooit bang om ’n bietjie lyf te wys nie – soos ons Susan ken. Ons is mal daaroor!

Elle Fanning het ook baie mooi gelyk in haar rok, wat glo ’n unicorn-motief daarop het.

Ons twee gunstelinge:

Ander bekendes wat geskitter het:

Bella Hadid

Lily-Rose Depp

Clotilde Courau

Luodan Wang

Sara Sampaio

Uma Thurman

Daria Strokous

Ons sien uit na nóg treffers by Cannes!