Ek was van kleins af lief vir modes en nuwe style, maar eerder as om alle giere slaafs na te volg het ek nog altyd my eie unieke persoonlikheid behou. Toe dit tyd was om Matriekafskeidrok te soek het ek presies geweet wat ek wil hê. Iets wat elegant en stylvol is, maar met ‘n lekker speelse gevoel om te pas by my ouderdom en persoonlikheid. Dit moes natuurlik ook my uurglas-vorm vlei en my vroulik laat lyk. Ek is mal oor my rok. Die groen kleur pas mooi by my oë, en die insetsel bo en die skewe soomlyn het my baie eksoties laat voel. Die borduurwerk was pragtig en het so mooi geblink as die lig dit vang. Ek het soos ‘n prinses gevoel in my rok, en my aand ongelooflik baie geniet.

Sien alle inskrywings