Ek het in Januarie begin rondbel en ooral begin afsprake maak om te sorg dat ek kan sien watter tipe rokke, style ens. daar buite is. Ons het deur 'n vriendin uitgevind van HSC en het besluit ons sal ook eers daar 'n draai gaan maak. Ek het ingestap en is gehelp deur Ulrika. Sy het dadelik gehoor wat ek vir haar gesê het en rokke begin aandra! Ek het toe 'n rok gesien wat ek oor gaan dink het. 'n Week later het Ulrika my 'n lui gegee en gesê dat sy net die rok ingekry het wat ek na soek. Ek het ingestap en sy het die pragtigste, elegante, sagte, klassieke rok uitgehaal en gesê hier is jou rok. Hoe het sy dit geweet? Ja sy het geluister na my behoeftes!! Hierdie is my rok!!! Ek het die oomblik toe die sagte elegante rok teen my lyf hang en my pas soos 'n handskoen geweet dit is myne!! Hierdie rok is net myne!!!

Sien alle inskrywings