'n Matreikafskeidrok was die laaste ding op my gedagtes, ek het altyd gesê ek sal somer die oggend van die matriekafskeid instap by 'n winkel en'n rok koop. maar alles het verander toe ek die Oktober 2009 uitgawe van die Saltwater Girl gekoop het, op bl. 45 is die mooiste Bruin Organza Silk rok, die rok het dadelik my oog gevang en dis die rok wat ek baie graag wou dra na my matriekafskeid. ek het dadelik die redaktriese van die tydskrif gemail om kontakbesonderhede van die ontwerper te kry. dadelik het ek die ontwerper via Facebook gekontak en het dadelik 'n afspraak gemaak om die rok te sien. soos ons stellenbosch toe ry, berei ek myself voor vir 'n groot bedrag wat op ons wag. toe ek die rok aanpas het alles soos n droom gevoel, die rok het perfek gesit asof dit vir my bedoel was, R1200 later stap ek uit met 'n rok wat op talle mode weke en tydskrifte was, 'n rok wat niemand anders sal hê nie en 'n baie unieke kleur. verder het als soos 'n sprokie gevoel. ek het die rok afgerond met 'n Afrika tema en houtkrale vir bykomstighede bygesit.

Sien alle inskrywings