Ek het ‘n jaar terug alreeds besluit hoe ek my matriekafskied wil hê. Ek het ‘n foto in ‘n glanstydskrif gesien van die bekende Spaanse aktrise, Penélope Cruz met smeulende donker ooggrimering (Smokey Eyes). Dit was net daar en dan dat ek besluit het om my grimering ook so te maak vir die afskeid. Op die foto het sy ook ‘n donker wynrooi rok aangehad en ek het dadelik op hierdie kleur verlief geraak (Haar hare was ook gekrul op die foto). Ek was gek oor die donker oë , dieprooi rok en krulhare effek. Alles het net perfek saam gegaan. My rok is gekombineer deur idee’s wat ek gehad het, foto’s wat ek op die internet gesien het en my rok ontwerper, Johan Wolmarans, se sprankelende idee’s. Ek wou nog altyd ‘n "boobtube" rok gehad het wat baie blink, dus het Johan se idee van silwerben rooi swarovski kristalle oor my hele rok my perfek gepas.

Sien alle inskrywings