My rok is vir my 'n beeld van die natuur. Die groen en bruin blaarvormige kralewerk is 'n direkte inspirasie uit die natuur. "Gaan Groen" is deesdae oral in die wêreld deel van hoofopskrifte en hoe meer beelde daarvan uitgestraal word, hoe beter. Die asemrowende rok het my asem weggeslaan waar dit in die winkelvenster gepryk het, en ek het geweet die rok is vir my bedoel. Die fantastiese groen en bruin skepping het my dadelik aan die natuur laat dink en ek het besluit, "Ek Gaan Groen". 'n Groen kledingstuk is ook deesdae 'n 'mode-moet-hê' in jou kas en ek het geweet dat ek nie sommer 'n voet verkeerd kan sit met my rok nie. My matriekafskeid was baie spesiaal en ek sal dit nooit vergeet nie. Ek het soos 'n prinses in my rok gevoel; ek sou dit vir geen ander een verruil het nie!

Sien alle inskrywings