Glans, styl en sjarme. Dit is presies waarmee ek my twaalf jaar van skoolgaan wou afsluit. Om ‘n rok te kry wat hierdie beeld uitstraal was egter nie so maklik nie maar ek was dadelik geïnspireer toe ek ‘n artikel in die Junie uitgawe van Sarie sien. Die artikel vertel van Patricia Nascimento, ‘n passievolle Brasiliaanse ontwerper wat onlangs ook ‘n winkel in Suid-Afrika oopgemaak het. En dit is toe net dáár waar ek my droomrok gekry het. Die ontwerp maar veral die smeulende rooi kleur het my ook geïnspireer om hierdie rok te kies. Ek glo dit straal spontaneïteit, selfvertoue, energie en passie uit- alles aspekte waarmee ek identifiseer. Elke meisie moet tog eenkeer in haar lewe ‘n rok dra wat haarself en ander om haar betower en ek kon nie aan ‘n beter geleentheid dink as hierdie glansaand nie!

Sien alle inskrywings