Ek wou nog altyd 'n rok gehad het wat nie tipies uit satyn gemaak is nie en wat so min as moontlik "bling" het, maar wat wel sjiek, elegant en gesofistikeerd en ampertjies "vintage" sou lyk. Ek het 'n prentjie in my gedagtes gehad, maar kon geen foto's kry wat ek as basis vir die rok kon gebruik nie - ek het dit toe self ontwerp. My basiese idee was om 'n "tie-dye en veer" effek te kry, met neutrale kleure wat na lig pienk, dan donkerder pienk en "burgundy" sal vorder. My ma se vriendin Caren, wat rokke maak het die "corset" gemaak wat fanstasties gepas het. Dit was glad nie nodig om die bostuk kort kort op te trek nie, en ek kon die hele aand gemaklik dans. Die romp is basies 'n wye "A-line" waaarop my ma oor 600 sirkels wat uit verskillende kant, sjiffon, en net (met bietjie blinkertjies) geknip het en met die hand aan die romp vasgewerk. Die rok was baie gemaklik. Ons het my hare en grimering gedoen om kostes laag te hou en ook sodat ek meer myself kon wees en lyk! (Die kleure in die romp is helderder as in die foto)

Sien alle inskrywings