As klein dogtertjie het Aspoestertjie my aangegryp en het ek al gedroom oor my 1ste prinses dag, die dag van my matriekafskeid. Elke meisie het 2 mooi rok drome, die matriekafskeid en haar troue. Vir elkeen van ons beeld ons rok ons persoonlikheid uit van dit wat vir jouself die heel mooiste is en jou beeldskoon laat voel. My inspirasie was die 30's, 'n era gekenmerk deur romanse, elegansie en meer innoverende modes. Vere en pels is met grasie op rokke en hoede gedra. Hoewel aandrag hoogs elegant en klassiek was, het ons ewekniee tog meer van hul kurwes en rondings begin wys - met grasie en sensueel. Ek wou die era se klassieke voorkoms weerspieel maar ook sexy wees, daarom die lae rug en net wat tussen die veer lae been wys. Die ys pienk het my vel komplimenteer en ek het geweet dat dit ook nie sommer deur iemand anders die aand gedra sou word nie. Ek het soos 'n prinses gevoel wanneer ek beweeg op die dansbaan met die kristalle wat glinster tesame met die vere wat beweeg en lewe gee aan my droomrok.

Sien alle inskrywings