Ek het eendag 'n tydskrif voorbladmeisie gesien met 'n rok aan met pouvere op. Wat my die meeste oor die vere gefasineer het is dat afhangend van hoe jy daarna kyk, verskil die kleur wat jy sien. Ek is 'n baie aanpasbare meisie en verander soos wat die situasie verwag. Die feit dat ek iets gekry het wat dieselfde kan doen was vir my gepas. Die vere leen hulle daaartoe om in verskillende lig hul verskillende kleure weer te gee en het ook so elke aparte deel van my rok beklemtoon. Ek het geweet my ma-hulle verstaan my styl en dat ek die ontwerp van die rok aan hulle kon oorlaat. Ek het net nodig gehad om die kleure uit te kies.

Sien alle inskrywings