Ek wou nog altyd 'n sprokies-verhaal tipe rok gehad het "prinses rok" met 'n korset as bo-stuk. Ek het deur baie tydskrifte gekyk vir inspirasie en nie een het weerspieël as my rok nie. Ek en my beste vriendin (sy het my help kies) was na Tannie Helanie, so het ek deur 'n bruidgids gekyk en my rok ontdek. Die oorspronklike rok was 'n vaal pienk kleur met donker pers strikkies en lint. Ek was gek oor die patroon deurdat dit 'n korset as bo-stuk gehad het MAAR ek moet bieg die strikkies het my gelok "ek dink dit is net te oulik en gee karakter aan die rok". Toe ek die rok in die tydskrif sien, was daar net geen ander opsie nie. Ek het oorspronklik op 'n rooi materiaal besluit toe het my oog die mooiste blou materiaal gevang, moes ek eenvoudig net van plan verander. Ek kon nie organza van dieselfde blou kleur vind nie en het ek besluit op 'n organza met 'n rooi skynsel "dit was onweerstaanbaar”. My matriekafskeidsrok is presies wat ek altyd wou gehad het.

Sien alle inskrywings