Ek het eintlik geen idee gehad oor hoe my rok moes lyk nie. Ek het al van graad 8 af gese my rok moet wynrooi wees, maar nooit so ver gekom om 'n prentjie te skilder oor hoe die rok moet lyk nie. Ek het toe van die internet gebruik gemaak en drie rokke gekry waarvan ek gehou het, maar net een rok het my oog gevang. Ek het die rok vir my tannie gewys (sy het die rok gemaak) en sy het gese sy sal kyk wat sy kan doen omtrent die snit van die rok. Ek het my eerste 'fitting' gehad, waar my tannie vir my verduidelik het dat sy nie 'n patroon vir die rok kon kry nie en het nou self die rok aangepas soos sy die snit gesien het. En al moet ek dit self se het ek meer van haar weergawe gehou as van die prentjie op die internet .

Sien alle inskrywings