Vanaf graad 11 af het ek al begin uitsien na die groot dag, my matriekafskeid. Ek het die internet en boeke moeg gebruik op soek na die perfekte rok wat Cecilia Tosoni uitbeeld.Ek het n prentjie in my kop gehad wat net deur n ontwerper n realiteit kon word, maar dit was nie moontlik nie. So ek het maar aanhou google.Kleur was nog nie n faktor op hierdie staduim nie.Ek wou graag n rok he wat se dis jy.! Valle wat my borrelende persoonlikheid weerspieel, kleur wat uitstaan en skree dis Cecilia.! Van die oomblik wat ek die rok gesien het, het ek geweet dis die een rok vir my.! Nadat ek die rok gesien het , het geen ander rok meer my aandag getrek nie. Hy het al van Maart in my kas gehang sonder dat ek een oomblik spyt was.Dit was die heel beste aand van my lewe en het soos n princess gevoel.

Sien alle inskrywings