Dit was'n lang besluit, maar met die nodige ondersteuning en navrae het ek maklik tot op 'n besluitneming gekom! Ek het met 'n kombinasie van drie rokke gewerk, maar Johann my ontwerper het ook met die ontwerp daarvan gehelp en sy insette gelewer! Die een rok het ek op die tv gesien wat ek opgeneem het en dit vir Johann op video gewys het, die ander twee rokke was van internet af, dan het ek ook my eie insette gelewer. Die kleur was die moeilikste, ek het lank besluit daaraan, maar die meeste wat ek gevra het, het gesê bruin is my kleur en toe maak ek my rok se hoof kleur bruin, met 'n brons kleur wat onder uitsteek en kant bo-oor. Ek wou 'n rok hê wat my pas en waarmee ek gemaklik voel en dit is wat ek op die ou einde gehad het! Dit is tog elke meisie se droom om pragtig te lyk op haar Matriekafskeid! Ek wil ongelooflik baie dankie sê aan Johann vir my asemrowende rok en al sy moeite! Ek wil ook vir my ouers dankie sê vir al hulle bydrae tot'n onvergeetlike aand!

Sien alle inskrywings