Aanvanklik het ek heeltemal 'n ander idee gehad. Toe ons by Claris se deure instap, het Annatjie van Jaarsveld se rok, wat sy by die Liefling Premiere gedra het, dadelik my oog gevang. Ek het na my ma gedraai en gesê: "Ek soek só rok!" Die onderkant van die rok is wat 'n indruk op my gemaak het - lae lappe met 'n vloeiende onderkant wat uitgerafel is en hier en daar 'n stukkie kant. Ek wou iets sprankelend...iets kleurvol...iets gemaklik...iets ANDERS gehad het! Vinnig het Gerrit Pienaar my idees vir die perfekte rok vasgevang op 'n stukkie papier en 'n paar maande later het ek my prag rok. Dit was pret om te sien hoe daar elke keer nog 'n stukkie lap bykom om uiteindelik my droomrok te skep wat gesorg het dat my matriekafskeid onvergeetlik is!

Sien alle inskrywings