Ek wou nog altyd 'n pouveer rok gehaat het! Ek is mal oor die kleur, die vorm en die glans. Wanneer ek na 'n pouveer kyk sien ek koninklikheid, duursaamheid en glans! Die vere is verseker die mees prominente eienskap van my rok. Dit was ook die hoof inspirasie vir die keuses van kleur. Ons het met my ontwerper (Anel Botha) gepraat en ons idees en inspirasies met haar gedeel. Die kleur was my idee. Blou was beslis my eerste keuse, dit komplimenteer my oë, vel en my hare. Anel het toe 'n elektries blou, rou sy gekry wat 'n pers ondertoon het, dus was my rok nie net 'n gewone blou nie. Ek is gaande oor “BLING”! Daar is geen tekortkoming daarvan aan my rok nie. Die snit van die rok is gekies om my liggaamsbou te komplimenteer, dit is nie 'n bal rok nie meer net wyd genoeg om my soos 'n regte prinses te laat voel. Selfs my skoene het by my rok gepas, was met die blou materiaal oorgetrek met 'n elegante en eenvoudige pouveer versiering en kristal gespe. Hierdie was MY DROOMROK MET MY DROOM SKOENE!

Sien alle inskrywings