Soos elke meisie droom ek al vandat ek my verstand nuttig kan gebruik van my matriekafskeid en hoe dit moet lyk.Omdat ek reeds verlede jaar by 'n ander matriekafskeid was en min of meer geweet het wat ek kan verwag, was dit net soveel makliker om te besluit hoe MY rok moet lyk. Ek wou soos 'n prinses lyk sonder om oorboord te gaan. Daarom het ek op iets elegant tog stylvol besluit. Met Prince Charming reeds aan my sy is al wat gekort het die rok. Ek het iets gesoek wat my en my figuur sal vlei. Ek het maande lank prentjies op die internet gesoek maar kon niks kry wat heeltemal na my sin is nie. Die prentjies het toe uitgedun tot twee. Saam met my ontwerpster Diona Germishuys het ons beluit op die rok wat ek al jare oor droom. Sy het my soveel leiding gegee en haar passie vir wat sy doen het my geinspireer. Sy doen haar werk met soveel oorgawe. My grootste inspirasie was seker maar my droom om soos 'n feetjie te lyk, daarom het ek ook nie hakskoene saam met my rok gedra nie, dit het my nederig en speels laat voel.

Sien alle inskrywings