Die storie agter my rok is iets baie besonders... My ma en my sussie het op afsonderlike geleenthede toevallig DIE rok gesien en hulle het gedink dit sal perfek by my pas. Toe ek die rok die eerste keer gesien het, het ek 'n foto van hom geneem, maar omdat die rok nie 'n tradisionele matriekafskeidrok is nie was ek skrikkerig. Twee weke later het ek, my sussie en my ma verby die winkel geloop-ek het die rok vir hulle gewys en groot was ons verbasing toe ons besef ons almal het hierdie spesifieke rok vir my in gedagte gehad. Dit was net bedoel om te wees!

Sien alle inskrywings