Omdat my matriekafskeid 'n hoogtepunt in my lewe is wou nog altyd 'n rok gehad het wat my figuurtipe pas en gemaklik sit. Ek wil nie eendag terug kyk en se "ooo jitte steek weg daai foto nie", maar eerder dat my kleinkinders nog sal se"Ouma het pragtig gelyk met die Matriekafskeid"!!! Ek wou stylvol,sjiek en elegant gelyk het en ook soos 'n regte prinses voel, so my inspirasie het wyd gestrek. Ek het 'n rok in my gedagtes gehad, bietjie prentjies geteken en verduidelik, Tannie Natasha het my verstaan en absoluut alles na my smaak gemaak! Ek is absoluut gek op oranje, dit is vir my so lewendige, vurige kleur net soos ek myself sal beskryf! Tannie Natasha kon die rok maak en ontwerp teen 'n baie billike prys en ek dink sy het n fantasitiese werk gedoen! Ek was gemaklik, het soos 'n prinses gevoel en gelyk en ek het gevoel dit straal my persoonlikheid uit!! Ek is dankbaar vir die voorreg wat ek kon kry om so spesiale matriekafskeid te kon gehad het!

Sien alle inskrywings