Ons (myself, ma en sussie) het Youre Day besoek in die Julie Vakansie. Ek wou graag 'n moulose rok he wat effens wyd was. Ek het 2 jaar gelede 'n groot rug operasie gehad en kan dus nie enige rok dra nie omrede my heupe nie eweredig vertoon nie. Ek het met geen verwagting ingestap. Ek het myself voorberei vir die lang soek! Die dame het my na die vertoonlokaal geneem. Toe ons instap het my oog die spesifieke rok gesien. Wat 'n kleur het ek gedink. Die dame het aan my gese - Ons wag vir die regte lyfie vir die rok. Dis nie vir enige meisie nie. Ek het gevrae om dit aan te pas. Dis 'n Unieke kleur en elegant. Die rok het soos 'n handskoen gepas en ek het geweet dis spesiaal vir my!

Sien alle inskrywings